Scanlen, Sir Thomas Charles [boodskap #123713] |
Wed, 09 January 2019 06:56 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Thomas Charles Scanlen was die Premier van Kaapkolonie. In 1834 aan die Kaap gebore; bekwaam homself as prokureur. Van 1870 tot 1896 was hy Lid van die Wetgewende Vergadering vir Cradock, Eerste Minister van 1881 tot 1882 en regsadviseur vir die British South Africa Co. in 1894. Woon in Zimbabwe (Rhodesië) waar sy ampte dié insluit van Senior Lid van die Uitvoerende Raad in 1896 en waarnemende Administrateur in 1898 en ook van 1903 tot 1906. In 1908 tree hy af en is op 15 Mei 1912 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|