Rooke, Daphne [boodskap #123616] |
Sun, 06 January 2019 14:23 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daphne Rooke was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. In Boksburg, Transvaal, gebore as Daphne Pizzey. Sy woon Durban Girls’ High School by en vestig haar in 1946 ’n tyd lank in Australië, waar sy ook getroud is. In 1954 keer sy na Natal terug. Sy skryf Mittee, ’n roman wat ’n wêreldwye sukses was, ook Rattoons en ander verhale, waarvan baie in vreemde tale vertaal is. Haar temas handel hoofsaaklik oor die lewe in Natal en Zoeloeland.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|