Rinkhalsslang [boodskap #123571] |
Sun, 06 January 2019 10:33 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Rinkhalsslang ook bekend as rinkhals-kobra (Sepidon haemachates) is 'n slang wat aan die groep Elapidae hoort. Baie giftige slang, in die meeste dele van Suidelike Afrika aangetref. Omtrent 1,5 meter (5 voet) lank. Naam is afgelei van die geel merk aan die meeste soorte. Die rinkhals is een van die aggressiefste slange en sal binne sigafstand storm terwyl hy sy kop omhoog hou en sy gif in sy vyand se oë uitspoeg voordat hy byt. Selfs sy 30 of meer kleintjies kan reeds gif van geboorte af uitsproei. Hulle word lewend gebore (vivipaar). Sien Kobras en Slange.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|