Regiment Louw Wepener [boodskap #123504] |
Sat, 05 January 2019 08:56 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Regiment Louw Wepener (afgekort R.L.W.) was 'n Suid-Afrikaanse militêre eenheid, op 1 April 1934 gestig. Hoofkwartier op Ladybrand, O.V.S. Vrywilligers van hierdie eenheid het by die President Steyn-Regiment aangesluit en het tydens die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika en Italië geveg.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|