Ramathlabama [boodskap #123468] |
Vr, 04 Januarie 2019 19:53 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ramathlabama is 'n dorp in Botswana op die grens van Kaapland. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog was dit die hoofkwartier van die Regiment van die Protektoraat. Dit is in ’n onverwagte aanval deur die Boere verwoes. Die naam is afgelei van ’n insident waarin opperhoof Montsioa ’n leeu op kort afstand doodgemaak het. Dit beteken "om wydsbeen oor te gaan."
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|