Raaff, Kommandant Pieter Johannes [boodskap #123465] |
Fri, 04 January 2019 19:43 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kommandant Pieter Johannes Raaff was 'n Boere-pionier van Zimbabwe (Rhodesië). In die jaar 1850 gebore. Hy het die eerste keer op die voorgrond gekom as kommandant van Raaff’s Rangers in die Zoeloe-oorlog van 1879 toe hy die C.M.G. verower het. Later het hy hom in Pretoria gevestig, geprospekteer en ná die besetting van Masjonaland op Fort Tuli landdros geword. In die Matabele-oorlog van 1893 het Raaff weer sy groep "Rangers" in Johannesburg in die lewe geroep en het uitstekende dienste gelewer. Op 26 Januarie 1894 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|