Quelimane [boodskap #123459] |
Fri, 04 January 2019 18:43 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Quelimane is 'n hawe aan die noordelike kus van Mosambiek, een van die oudste dorpe in Suidelike Afrika. Dit is reeds in 1763 as ’n munisipaliteit gestig. Dit is ’n belangrike handel en uitvoersentrum vir die suiker en ander tropiese produkte, insluitend sisal, katoen, tabak, tee en mielies. Sy buitehawe is bekend as Tangalane. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: nagenoeg 12,000 (3,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|