Premier-Myn [boodskap #123416] |
Vr, 04 Januarie 2019 16:36 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Premier-Myn is die wêreld se grootste enkele diamantmyn. Begin in 1902 op die plaas, Zonderwater, van Willem Prinsloo, naby Pretoria. Dit is geopen deur sir Thomas Cullinan deur die Premier (Transvaal) Diamond Mining Co. Ltd. en so genoem om dit te onderskei van die ouer Premier Diamond Mining Company wat die Wesselton-myn op Kimberley beheer het. Die Cullinan-diamant is in 1905 hier ontdek.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|