Pienaar, Andries Albertus [boodskap #123333] |
Thu, 03 January 2019 06:10 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Andries Albertus (‘Sangiro’) Pienaar was 'n Afrikaanse skrywer. In 1894 naby Broederstroom naby Pretoria gebore. Ontvang skoolopleiding op Heidelberg en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Word ’n joernalis en bring ’n groot deel van sy vroeë jare in Oos-Afrika deur. Sy Uit Oerwoud en Vlakte is in Engels vertaal en in 1924 onder die titel The Adventures of a Lion Family gepubliseer. Hy het later rolprente gemaak oor die dierelewe in Afrika.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|