Patensie [boodskap #123285] |
Tue, 01 January 2019 20:23 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Patensie is 'n dorp naby Humansdorp in die Oos-Kaap (Kaapland). Die dorp se naam is 'n vervorming van die Khoikhoi-woord wat rusplek vir die vee beteken. Sitrus, tabak en groente word in die distrik verbou. Daar is 'n sitruskoöperasie wat in 1928 gestig is en 'n tabakkoöperasie. Die Kougadam is 25 km wes van die dorp. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,623 (586 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|