Parow [boodskap #123279] |
Tue, 01 January 2019 20:15 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Parow is 'n dorp naby Kaapstad. In 1910 gestig deur kaptein Ferdinand Parow, 'n Duitse seeman wat in die Victoriaanse tyd op die Suid-Afrikaanse kus handel gedryf het. Sy strategiese ligging aan die spoorweë en ander aanloklikhede het daartoe gelei dat dit snel gegroei het. Die nywerhede sluit in drukkerye, timmerhout, ingenieurswese, ens. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 48,100 (30,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|