Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voorspoed vir 2019!
Voorspoed vir 2019! [boodskap #123269] Ma, 31 Desember 2018 20:09
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/80/0/Die jaar 2019 beloof om 'n interessante jaar wees, veral met die opbou na die Suid-Afrikaanse Algemene Verkiesing en die voortgesette geveg teen die onteiening van eiendom sonder vergoeding. Dit is ook die jaar waarin die Verenigde Koninkryk die Europese Unie gaan verlaat (Brexit gebeur op 29 Maart).

Dinge om na uit te sien:
  • Goedkoper petrol in Januarie.
  • Die Krieketwêreldbeker in Engeland (30 Mei-14 Julie)
  • Rugbywêreldbeker in Japan (20 September-2 November).
Interessant genoeg het die Afrikaanse Wikipedia in 2018 enorme groei beleef. Hulle het 2018 met 48 099 artikels begin en met 67 976 geëindig. 'n Allemintige groei van bykans 20 000 artikels. Waarskynlik die meeste wat nog in 'n enkele jaar bygevoeg is.

Terloops, die Verenigde Nasies met 2019 aangewys as die Internasionale Jaar van die Periodieke Tabel van Chemiese Elemente (hulle kon seker aan niks beters dink nie). So, neem julle vitamines en moenie van die elemente vergeet nie. Mag julle drome bewaarheid word en mag die voorspoed julle in 2019 verveel!

  • Aanhangsel: 2019.jpg
    (Grootte: 46.84KB, 757 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Generaal in die hof
Volgende onderwerp: Woestaards van Namibië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:27:55 MGT 2024