Packer, Joy [boodskap #123265] |
Ma, 31 Desember 2018 18:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Joy Packer was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. As Joy Petersen in Kaapstad gebore en begin as jong meisie met joernalistiek. Tree in die huwelik met admiraal sir Herbert Packer toe hy nog 'n jong offisier was. Haar eerste boek, Pack and Follow, oor die ondervindings van 'n vrou van 'n seeman, is gevolg deur Grey Mistress. Sommige van haar romans, wat 'n Suid-Afrikaanse agtergrond het, is verfilm. Een van die bekendste is The Valley of the Vines.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|