Otavi-myn [boodskap #123247] |
Ma, 31 Desember 2018 15:40 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
die Otavi-myn is in 1888 gestig as die Otavi Minen und Eisenbahn-Gesellschaft met 'n kapitaal van £200,000 as filiaalmaatskappy van die South West Africa Company. In 1906 bou dit die smal spoorlyn van Swakopmund na Tsumeb, waar daar met 'n aansienlike koperbedryf begin is. Die ondermeming is later oorgeneem deur die O'okiep Copper Company en is bekend as die Tsumeb-myn.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|