Orkney [boodskap #123241] |
Mon, 31 December 2018 15:26 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Orkney is 'n dorp naby Klerksdorp in die Wes-Transvaal; belangrike mynsentrum wat die Vaal Reefs-goudmyn, die Western Reefs, ens. bedien. Daar is 'n groot sementfabriek en 'n behandelingsinstallasie vir uraan. Dit is geleë aan die Vaalrivier en word druk besoek deur sportmanne en vakansiegangers. Sewe myl daarvandaan is die groot Vierfontein-kragsentrale van EVKOM, wat 'n groot deel van die nuwe goudveld bedien. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 30,500 (8,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|