Onderstepoort [boodskap #123211] |
Mon, 31 December 2018 06:52 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Onderstepoort is 'n veeartsenykundige navorsingsentrum naby Pretoria. Deur sir Arnold Theiler gestig as gevolg van die runderpes wat in 1896 uitgebreek het. Onder hom het dit ontwikkel in een van die suksesvolste inrigtings in sy soort in die wêreld. Afgesien van die navorsing en roetinewerk (entstofproduksie ens.) wat onder die Departement van Landbou val, huisves Onderstepoort ook die Veeartsenykundige Fakulteit van die Universiteit Pretoria. Die dorpsgebied is op die beginsel van 'n tuinstad uitgelê.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|