Njassa-Meer [boodskap #123159] |
Sun, 30 December 2018 09:30 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Njassa-Meer is die groot meer in Sentraal-Afrika. Dit is in 1616 die eerste keer deur 'n Portugees, Gaspar Bocarro, ontdek, maar dit het in die vergetelheid geraak totdat dit in 1859 deur David Livingstone herontdek is. Dit beslaan sowat 12,000 vierkante myl; 360 myl van noord na suid en wissel in breedte van 20 tot 50 myl. Stoombote het vroeër die kusoorde, veral Monkey Bay, bedien, wat druk besoek word deur Zimbabwiërs (Rhodesiërs).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|