Ngqeleni [boodskap #123146] |
Sun, 30 December 2018 09:16 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ngqeleni is 'n dorp in Wes-Pondoland in die Oos-Kaap (O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit). Die dorp is 32 km suidoos van Mthatha en ongeveer 40 km noord-noordwes van Koffiebaai. Die naam is afgelei van die Xhosawoord ngqele vir "koue". Die Coldstream vloei hier naby verby. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 460 (150 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|