Nelsrust [boodskap #123136] |
Sun, 30 December 2018 08:46 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nelsrust is 'n landgoed in Natal, naby Pietermaritzburg. In die jare 1880 deur Joseph Baynes gestig en ter ere van hom is dit ook bekend as Baynesfield. Die landgoed was een van die eerste moderne plase in Natal en het een van die oorspronklike diptenks gehad. Daar is gespesialiseer in die teel van stoetbeeste en suiwelboerdery. In sy testament het mnr. Baynes Nelsrust aan die Suid-Afrikaanse volk vir navorsing en ander doeleindes nagelaat. Nelsrust Melkery Bpk. is 'n groot handelsonderneming wat oorspronklik verbonde was aan die landgoed en nou in Johannesburg en elders funksioneer.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|