Naboomspruit [boodskap #123086] |
Sat, 29 December 2018 17:38 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Naboomspruit is 'n dorp in Limpopo, benoorde Pretoria en sowat 40 kilometer suidwes van Potgietersrus, aan die voet van die Waterberge. Die dorp is in 1923 gestig, oorspronklik as 'n sentrum van die platinaveld en noemenswaardig as die terrein van die eerste praktiese gebruik van die Dutton 'Pad-Spoor'-stelsel, 'n Suid-Afrikaanse uitvinding vir goedkoop vervoer. Die dorp se naam is afgelei van 'n spesies Euphorbia (nabome) wat daar welig groei. Tans is dit hoofsaaklik 'n boerderysentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,600 (1,316 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|