Morg [boodskap #123033] |
Sat, 29 December 2018 10:56 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Morg is 'n oppervlaktemaat om grond af te meet, afgelei van die Rynse stelsel wat deur die eerste Hollandse setlaars ingevoer is. Dit is gelyk aan 2.11654 acres (akker), terwyl 'n Engelse vierkante myl gelyk is aan 302.38 morge. Volgens die Rynse stelsel (nog amptelik in gebruik vir landopmeting), is 144 Kaapse vierkante voet gelyk aan 1 Kaapse vierkante roede en 600 Kaapse vierkante roede gelyk aan 1 morg.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|