Moerasroos [boodskap #122995] |
Sat, 29 December 2018 07:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Moerasroos of Moerasplant (Orothamnus zeyheri Meisn.) is 'n regop struik met yl takke, omtrent 6 voet. Klam berghange. Blomhofies tot 3 duim lank en bestaan uit roosrooi spatelvormige skutblare wat die baie korter tros suurlemoengeel blomme omring. Caledon-afdeling. Baie skaars. Blom April-Oktober. Sien Protea.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|