Marks, Senator Samuel [boodskap #122898] |
Do, 27 Desember 2018 19:49 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Senator Samuel Marks was 'n Suid-Afrikaanse nywerheids- en landbou-pionier. In 1850 in Neustad, Rusland, gebore. Hy emigreer as jong man na Engeland waar sy eerste nywerheids-pogings bestaan het uit die afwerking van sekere tipes messe in Sheffield. In 1868 het Marks die Kaap bereik waar hy sy vroeëre jare as 'n smous deurgebring het. In Kimberley het hy gou sukses behaal en op een tydstip vir Cecil John Rhodes gefinansier. Hy het die maatskappy, Lewis & Marks, in Barbeton gestig saam met sy neef, Isaac Lewis, wat hom na Suid-Afrika gevolg het. Daarna verhuis hy na Pretoria. Met sy hoofkantoor op die beroemde, Swartkoppies-landgoed, het hy 'n getroue vriend van president Paul Kruger geword. Hy het nie net 'n mode plaas by Swartkoppies opgebou nie, maar het op Eerste-fabrieke daar naby begin met die eerste eksperimente in vervaardiging. Hy het oor 'n besondere insig beskik en het allerlei projekte aangepak, onder meer konfyt, inmakery, brandewyn en glas. Hy het die eerste steenkoolmyne naby Viljoensdrif geopen en saam met Isaac Lewis het hy die dorp Vereeniging gestig. By Macauvlei het hy een van die grootste boomplantasies in Suid-Afrika aangeplant. Na die Tweede Vryheidsoorlog het hy baie belang begin stel in die koelbewaringbedryf in Kaapland om in die behoeftes van die Randse mynkampongs te voorsien.
So vroeg as 1896 het hy aangetrokke gevoel tot die stigting van 'n staalbedryf in Transvaal, maar eers in 1913 slaag hy daarin toe die Union Steel Corporation van Suid-Afrika met sy eerste hoogoond op Vereeniging begin het. Ander nywerhede wat deur Samuel Marks gestig is, sluit in die produksie van teëls en bakstene en koringmeule. Na sy aanstelling as Senator na Uniewording, raak hy beroemd vir sy knap politieke insig. Oorlede op 18 Februarie 1920.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|