Loerie [boodskap #122748] |
Di, 25 Desember 2018 13:46 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Loerie (familie Musophagidae) is 'n eg Afrikaanse voël; 'n vrugtevreter, hoofsaaklik in Natal, Zoeloeland en Oos-Transvaal aangetref, ook in die bosse van George tot by Knysna al langs die kusstreek. Groot voël met 'n kuif, lang stert en helderkleurig vanweë 'n koperagtige bedekking op die veerpenne. In vlug vertoon die karmosynrooivlerke pragtig teen die dowwe groen van die liggaam. Swaar reëns was soms die kleur uit. Loeries spring grasieus op takke rond. Die kwêvoël (groot muisvoël) van die boswêreld gee soms 'n waarskuwende uitroep wanneer hy deur jagters gesteur word en word in klein groepe gesien. Sien Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|