Lobola [boodskap #122744] |
Tue, 25 December 2018 13:41 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lobola is die gebruik onder die Bantoes waarvolgens 'n bruidegom 'n prys in die vorm van beeste aan die ouers van sy toekomstige bruid betaal. Hoewel dit beskou word as 'n vorm van vergoeding vir die pyn wat die moeder verduur het om die dogter in die wêreld te bring en op te voed, word dit eintlik aan die vader oorhandig. Dit word nog in die Bantoetuislande toegepas, maar die beeste word dikwels deur kontantgeld vervang. Lobola word nie beskou as 'n koop nie.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|