Lindbergh, Albert Victor [boodskap #122730] |
Tue, 25 December 2018 12:27 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Albert Victor Lindbergh was 'n Suid-Afrikaanse kapitalis. In 1874 in Penarth, Wallis, gebore en kom in 1892 na Transvaal. Hy sluit aan by die Star in Johannesburg waarvoor hy huis-tot-huis verspreiding georganiseer het. So ontmoet hy vir Michael Davis en in vennootskap met hom stig hy die Central News Agency Limited. Hy was ook een van die finansiële ondersteuners van die Rand Daily Mail en die Sunday Times en was tot sy dood in 1939 in noue voeling met die koerante.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|