Lepelaar [boodskap #122699] |
Tue, 25 December 2018 10:26 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Lepelaar (Smithornis capensis) lyk soos die vlieëvanger. Dit is 'n tropiese voël, wat verteenwoordig word deur baie plaaslike variëteite in verskillende dele van Afrika. Die Natalse soort word in digte bosse langs die kus, deur Zoeloeland en in Oos-Transvaal aangetref. Dit maak 'n merkwaardige roepgeluid onderwyl dit teen 'n groot snelheid sirkel.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|