Laer [boodskap #122658] |
Sun, 23 December 2018 18:25 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Laer is 'n Suid-Afrikaanse verdedigings-verskansing deur die vroeë setlaars tot stand gebring en met groot welslae deur die Voortrekkers gebruik. Waens is dig teenmekaar getrek in die vorm van 'n sirkel. Die ruimtes tussen-in is met doringbosse toegemaak. Die vrouens, kinders en die vee het in die middel geskuil. Die mans het die aanvallende vyand beveg, terwyl die vrouens die gewere gelaai en die gewondes verpleeg het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|