Ladybrand [boodskap #122654] |
Sun, 23 December 2018 18:18 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ladybrand is 'n dorp in Oos-Vrystaat, vernoem na die vrou van sir Christoffel Brand, Speaker van die Kaapse Volksraad, en moeder van president sir Johannes Brand. In 1867 gestig aan die voet van die skilderagtige Platberg. Geleë in die hartjie van die Verowerde Grondgebied en is bekend vir sy koringproduksie. Daar is ook koringmeule in die dorp. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog, op 2 September 1900, het 'n veldslag daar plaasgevind. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 8,100 (2,600 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|