Kruger-standbeeld [boodskap #122622] |
So, 23 Desember 2018 13:43 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Kruger-standbeeld is 'n bronsmonument van president Kruger op Kerkplein, Pretoria wat deur Anton van Wouw geskep is en in 1899 deur Samuel Marks aan die Transvaalse Republikeinse Regering geskenk is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die beeld deur die Royal Engineers by Broome Park, Engeland, opgerig, terwyl die vier bykomende beelde van die burgers op die drill-plein van die Royal Engineers geplaas is. Op versoek van generaal J.C. Smuts is die beelde in Pretoria heropgerig, eers buite die stasie en later op Kerkplein.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|