Khalifa [boodskap #122480] |
Sa, 22 Desember 2018 08:08 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Khalifa is 'n Moslimse feesviering, gewild onder die Kaapse Maleiers. Onder die invloed van musiek en die eentonige geslaan van tromme werk hulle hulself op in 'n waansinnige toestand en deurboor hulle ledemate met swaarde en steek spelde en skerp voorwerpe deur hulle vel sonder enige bloedverlies. Die praktyk word nie deur die Moslimse godsdienstige leiers goedgekeur nie, maar dit word beoefen en word in die Kaap as 'n soort vermaaklikheid beskou.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|