Kempton Park [boodskap #122469] |
Fri, 21 December 2018 19:48 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kempton Park is 'n dorp op spoor tussen Johannesburg en Pretoria, vernoem na Kempten in Duitsland. Fabrieksnywerhede, onder meer die Modderfontein-Dinamietfabriek is daar naby, ook die lughawe Jan Smuts (tans O.R. Thambo Internasionaal), die grootste in Afrika, en die Atlas-vliegtuigfabriek. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 48,200 (23,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|