Keetmanshoop [boodskap #122454] |
Fri, 21 December 2018 14:28 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Keetmanshoop is 'n dorp in Namibiƫ (Suidwes-Afrika). In 1866 gestig as 'n pos van die Rynse Sendinggenootskap van Barmen, Duitsland en vernoem na sy voorsitter, Johannes Keetman wat 1,000 thaler gegee het vir die stigting van die oorspronklike sendingstasie op Swartmodder in 1866. Die huidige dorpsgebied is in 1898 op 'n terrein gebou wat deur die plaaslike Bantoehoof geskenk is. Belangrike skaapboerdery- en spoorwegsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 10,000 (4,700 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|