Keate-Uitspraak [boodskap #122453] |
Fri, 21 December 2018 14:25 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Keate-Uitspraak was 'n arbitrasie oor die eiendomsreg van die Griekwaland-Wes-Diamantveld uitgevoer deur luitenant-goewerneur Robert Keate van Natal. In 1870 het hy uitspraak gegee ten gunste van die Suid-Afrikaanse Republiek in sy grensgeskil met die Oranje-Vrystaat. Toe hy 'n jaar later ontbied is as finale arbiter in 'n soortgelyke geskil tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en die Griekwa-opperhoof, Waterboer, het Keate sy uitspraak teen die Republiek gegee.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|