Kadalie, Clements [boodskap #122370] |
Wed, 19 December 2018 19:58 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Clements Kadalie was 'n swart vakbondleier. Gebore in Njassaland (Malawi) teen die einde van die 18de eeu. Hy kom na die Unie en vestig hom in Kaapstad waar hy in 1919 deelneem aan die staking van nie-blanke dokwerkers. Hieruit ontwikkel die I.C.U. (Industrial and Commercial Workers Union) waarvan hy die leier was tot die ontbinding van hierdie kragtige organisasie. Kadalie het groot vernuf getoon en het met sowel Kleurling- as Indiër-organisasies saamgewerk. Hy het herhaaldelik met die polisie gebots. Later het hy in Oos-Londen afgetree waar hy in 1951 oorlede is.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|