Juta, Rene [boodskap #122350] |
Wed, 19 December 2018 14:28 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Rene Juta (meer korrek, Henriette Irene Louise Juta). Gebore in Kaapstad. Dogter van Jan Carel Juta. Sy skryf The Cape Peninsula, gepubliseer in 1910 en in 1920 'n roman oor die vroeë Kaap, The Tavern, wat gebaseer is op die verhaal van dr. James Barry. Sy is later getroud met 'n Britse diplomaat, Luke Hansard, en het in Europa gewoon, waar sy 'n boek oor Korsika skryf. Oorlede op 22 Junie 1940.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|