Pongolapoortdam [boodskap #122341] |
Wed, 19 December 2018 14:06 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Pongolapoortdam (vroeër die Josini-dam) is die grootste dam in Suid-Afrika, wat deel vorm van die Pongolapoort-Makatinivlakte-besproeiingskema, opgerig waar die Pongolarivier deur die Lebomboberge sny. Daar is in 1963 met die bouwerk begin. 750,000 ton sement is gebruik vir die damwal wat 1,800 voet lank op die kruin is en 293 voet bokant die laagste fondament is. Die gebied wat besproei word beslaan meer as 150,000 acrcs wat 1,000 myl besproeiingskanale vereis, waarvan die grootste 75 voet wyd en 10 voet diep is. Sien ook Makatinivlakte en Pongola.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|