Inyanga [boodskap #122288] |
Tue, 18 December 2018 04:31 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Inyanga is 'n vakansie-oord in die oostelike berge van Zimbabwe (Rhodesiƫ), bekend vir sy pragtige ligging naby die Rhodes Inyanga Estate, nou 'n nasionale park. Die landgoed is deur Cecil Rhodes persoonlik ontwikkel. Daar naby is die beroemde Pungwe Gorge, 'n skouspelagtige diep kloof waardeur die Pungwerivier kronkel. Daar is baie oorblyfsels van ou beskawings, insluitende die geheimsinnige Slaweputte en die groot besproeiingsterrasse is in die omgewing.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|