Israeliete [boodskap #122281] |
Mon, 17 December 2018 17:05 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In Suid-Afrikaanse konteks verwys Israeliete na 'n Bantoesekte wat hulleself in 1921 onder 'n leier, genaamd Enoch, op 'n stuk grond by Bulhoek buite Queenstown gevestig het. Hulle het geweier om hulle plakkerskamp te verlaat en 'n mag van 400 polisiemanne is daarheen gestuur. Toe hulle nog weier, is tot geweld oorgegaan en 'n hele aantal van hulle is gedood of beseer.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|