Huggard, Sir Walter Clarence [boodskap #122229] |
Mon, 17 December 2018 07:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Walter Clarence Huggard was 'n regter van die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris-gebiede en regsadviseur van die Hoë Kommissaris. In 1883 in Ierland gebore. Ontvang onderwys in Belfast en studeer aan die Universiteit van Dublin waar hy in 1907 tot die balie toegelaat word. In 1937 aangestel as regter van die Hooggeregshof van Basoetoland, Betsjoeanaland en Swaziland. Oorlede op 21 Junie 1957.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|