Houtperd [boodskap #122210] |
Sun, 16 December 2018 20:25 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Houtperd kan na een van die volgende verwys:
1. 'n Perd wat van hout gemaak is, gewoonlik as speelding vir kinders.
2. Toerusting wat deur die Khoikhoi (Hottentotte) gebruik is om vol riviere oor te steek. Dit het bestaan uit 'n stuk hout van ongeveer ses voet (1,8 meter) met 'n paal aan elke kant, en wat as 'n vlot gebruik is.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|