Hoffman, Josias Philippus [boodskap #122182] |
Sun, 16 December 2018 16:06 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Josias Philippus Hoffman was die eerste President van die Oranje-Vrystaat. In 1807 op Stellenbosch gebore. Daar is min bekend van sy vroeëre lewe behalwe dat hy 'n vooraanstaande man in die Oranje-Vrystaat-Soewereiniteit was, en dat hy as die verteenwoordiger van Smithfield die Bloemfontein-konvensie onderteken het. Word President in 1854 en kry te doen met 'n tekort aan geld en swak amptenare. Om Mosjesj te paai, gee hy aan hom 'n vaatjie buskruit. Die protes wat daarop volg lei in 1855 tot sy bedanking. Hy gaan boer naby die Caledonrivier. Oorlede in 1879.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|