Hicks-Beach, Sir Michael [boodskap #122158] |
Sun, 16 December 2018 14:29 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Michael Hicks-Beach was 'n Engelse staatsman. Op 23 Oktober 1837 in Londen gebore; word in 1864 parlementslid en in 1878 Minister van Kolonies. In dié hoedanigheid staan hy die afvaardiging te woord wat deur die Boere gestuur is om beswaar te maak teen die anneksasie van Transvaal. Die Eerste Vryheidsoorlog is hoofsaaklik die gevolg van sy beleid en houding teenoor die Boere. Hy is later tot die adelstand verhef as lord St. Aldwyn. Oorlede in 1916.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|