Hereniging [boodskap #122139] |
Sun, 16 December 2018 11:02 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hereniging is 'n politieke term van toepassing op die pogings om die ou Nasionale Party onder generaal J.B.M. Hertzog en die Suid-Afrikaanse Party onder generaal J.C. Smuts te herenig. Met die doel voor oë het 'n spesiale 'Herenigingskongres' in 1929 Bloemfontein plaasgevind, maar dit het misluk. 'n Soortgelyke poging in 1933 het die stigting van die "Herenigde Party", die latere Verenigde Party tot gevolg gehad.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|