Healdtown [boodskap #122118] |
Sat, 15 December 2018 19:11 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Healdtown is 'n klein dorpie naby Fort Beaufort, Oos-Kaapland. Behoort aan die Wesleyaanse-Metodistekerk. Spesialiseer in die opleiding van onderwysers. In 1867 gestig met die hulp van mnr. en mev. Heald van Manchester wat £1,000 bygedra het tot die stigting. Die eerste prinsipaal was eerw. W. Impey. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,500 (100 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|