Hartbeeshoek [boodskap #122102] |
Sat, 15 December 2018 17:26 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hartbeeshoek is die terrein van die Suid-Afrikaanse Diepruimtenavorsingstasie naby Krugersdorp. Opgerig deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad in samewerking met die National Aeronautic and Space Administration (NASA) van die Verenigde State. Op 8 September 1961 amptelik in gebruik geneem. Word gebruik vir die opsporing van satelliete en radioteleskopiese waarneming. Sien ook Ruimtenavorsing.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|