Hamilton, Generaal Sir Ian Standish Monteith [boodskap #122081] |
Sat, 15 December 2018 12:20 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hamilton, Generaal Sir Ian Standish Monteith was 'n Britse soldaat. In 1853 in Corfu gebore. Veg die eerste keer in Afghanistan in 1878 en daarna in 1880 in die Amajuba-veldtog. Nadat hy in die Ooste diens gedoen het, keer hy in 1899 na Suid-Afrika terug en veg by Elandslaagte, Wagon Hill naby Ladysmith, Diamond Hill, ens, en word bevorder tot generaal-majoor. Word stafhoof van lord Kitchener en was in bevel van die mobiele eenhede in Wes-Transvaal. Een hiervan het Johannesburg beset. Hamilton het 'n aantal boeke geskryf oor sy herinneringe in Suid-Afrika. In 1947 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|