Grosvenor-krale [boodskap #122054] |
Sat, 15 December 2018 07:53 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Grosvenor-krale is rooi krale uit karneool gesny. Dit het soms aan die kus van Pondoland in die Oos-Kaap uitgespoel. Die setlaars het geglo dit is deel van die skat van die Grosvenor ('n Engelse skip wat daar gesink het). Die krale is egter baie vroeër gemaak en is waarskynlik van Oosterse oorsprong. Dit wissel van ongeveer 1,3cm tot 5cm (½ duim tot 2 duim) in deursnee. Taamlik ru deurboor vir inryg.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|