Goodwood [boodskap #121975] |
Thu, 13 December 2018 15:49 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Goodwood is 'n voorstad noord van Kaapstad, maar was oorspronklik 'n dorp 7 myl van Kaapstad af. Die woord "Goodwood" beteken "plek van vriend van God". Dit is 'n belangrike vervaardigings- en woongebied. Gestig in 1905. Vernoem na die renbaan in Engeland aangesien die dorpsgebied se eienaars aanvanklik 'n resiesbaan in dié omgewing beplan het. Die planne is na één vergadering oorboord gegooi, maar die gemeenskap het snel ontwikkel totdat dit in 1938 'n munisipaliteit geword het. In die 1960's was die bevolking meer as 72,000, waarvan ongeveer 16,000 blankes was. Onder die baie nywerhede is daar meubelvervaardiging, drukkery, hempvervaardiging en ingenieurswese.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|