Glen Grey [boodskap #121956] |
Thu, 13 December 2018 07:01 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Glen Grey is 'n vroeëre landstreek naby Lady Frere in Oos-Kaapland (Temboeland). Die Glen Grey-Wet is in 1894 as 'n proefneming in naturelleselfbestuur deur Cecil John Rhodes, Eerste Minister van die Kaap, ingestel. Die Glen Grey-Wet het magtiging verleen vir die instelling van Naturellerade. Dit het gelei tot die skepping van die Transkeise Bunga.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|